Stom
As die son opkom oor die hemel se koepeldak en skyn oor die gehuggie waar ek plak ruk my hart krampagtig saam dat ek voor sulke skoonheid mag staan.
Deur my lens
Deur my kamera se lens sien ek alles onbegrens natuur se skatte lê wyd oop my lens kan nou daar loop komies en snaaks loop ek raak waaroor ek my in die stilligheid kraak haarkapper wat hare sny met knipper paraat onder die teken van bekende salon in die straat kosbaarhede soos kinders en familie […]
Die soeke (797 woorde)
Ek sluip katvoet van een skaduwee na ‘n ander. Telkens loer ek oor my skouer om seker te maak niemand volg my nie. In die verte kan jy die polsende klank van voertuie wat vlieg en die ritmiese klak-klak van die wat op spore beweeg hoor. Miljoene mense wat iewers moet wees. Reuse hologramme flikker […]
Pesag oorwinning 2121 (736 woorde) Silwer
Jankun swaai die net hoog bo sy kop. Vir ‘n sekonde huiwer hy. Dan trek hy die net stywer en ruk die klein bokkie nader. Die lem gly vinnig en sekuur oor die dier se nek. Die warm vloeistof druip oor sy vingers in die wagtende houer in. Hy lig die bokkie gemaklik oor sy […]
Kaalvoet Vrou-wees
Die kaalvoet vrou ‘n eike skaduwee, stil, sterk, standvastig, diepgewortel in Gees en waarheid. In haar takke is rus, vrede en liefde. Haar groen lower blare ritsel fluistering als is onder beheer… My Kaalvoet kind. Plek-plek is haar bas gekrap, gesny, weggeskeur deur die lewenswinde en donderweer. Storms bars, bliksem strale breek… ‘n gil. Gestroop, […]
Maart 2021 – OOP projek – Uitslae & Kommentaar
Baie geluk aan hierdie 9 lede! UITSLAE EN KOMMENTAAR WENNERS: GEDIGTE: GOUD: 1STE: No 25 Anzé Bezuidenhout met In jou is my rus 2DE: No 13 Caren Kearley met Skemer drome 3DE: GEEN SILWER: 1STE: No 23 Annamarie van der Merwe met In Ocean Basket 2DE: No 21 Andries Fourie met Wolraad Woltemade 3DE: No […]
JESUS SE OPSTANDING
JESUS SE OPSTANDING Christus se opstanding is van kardinale belang die groot gebeurtenis bevestig ‘n getuienis ‘N groot belewenis Meer as enige ander het HY, die mense verander dat Hy, die Seun van God was EN deur die Vader gestuur was Hom deur die Vader gegee was wat deur Sy Vader aanvaar was Alle sondes […]
Vir Dao Mau
Ek staan voor die opening van die grot, en staar die onheilspellende donkerte in. Wat wag vir my? ‘n Pynlike, stadige dood of ‘n vinnige heengaan na die hiernamaals? Ons dorpie is nie veel anders as ‘n dosyn ander soortgelyke dorpies in die Quang Binh provinsie van Vietnam nie. Wel, dis seker nie heeltemal waar […]
In die kring van sy arms. (BRONS)
In die kring van sy arms. Die vuur dans vrolik in die kaggel waar ons aan die ou bekende familietafel sit. Gesellige musiek speel sag in die agtergrond en my hart klop warm as ek na die gesigte van my man en seun kyk. Alles lyk so normaal dat ek vir die oomblik nie wil […]
geliefde
. my beminde hang aan ‘n doringbos haar hare soos bruin stringe pêrels . my geliefde treur soos ‘n treurwilger haar trane soos dou op die gras halms . my beminde vlier soos vlier bosboom haar kleur en geur versprei in die wind . my geliefde vervaag soos mis voor son haar gelaatstrekke erodeer in […]