BAKHAND
Bakhand staan ek voor die oggendson se deur en wag dat die nagwag die grendel ooptrek en my ʼn bakhand vol oggend sonstrale leen Met spons voete loop ek pad-af ʼn bakhand vol geleende sonstrale om jou oopmaak ogies met goud te plas Bakhand geleende sonstrale lek en plof en lei die dag tot by […]
ALLES OP PAPIER 1
Gly die penveer uit die inkpot spat digtersbloed woorde op ‘n stukkie wit papier uit toegevou in menswees en al wat oorbly is vir jou om dit te lees Tog, alles op papier is mooi en ordelik nie soos die kettingreaksie ontploffings in my hart wat geen orde skep op papier van vlees in die […]
Maria
Vader, met U liefdestaal het U u saad geplant. In maagdelike Vrugbaar liefdes land Daar het U Seun gegroei. Sy tydige geboorte ‘n geskenk Aan mensekind. U plant u liefdesaad hierin my hart. U liefdeswoorde groei in vrugbaar land. U liefdesdade is genade Wat geboorte skenk Aan liefdesdade ook in my klein hart.
Gooi die nette uit
U weet, U sê: Gooi nou die nette uit! U het die vangs bepaal. Daar’s geen beperkings – Baie meer as wat ons bid of dink. Meer as genoeg om uit te deel. U bring wat U bestem. Op U woord sal ek wag. Op U sal ek bly hoop Vir stampvol ,oorloop volle net. […]
Weg is die nag
Soos die geklingel van teelepels kwetter voëls die dagbreek nader. Die hemelruim se vaalgrys dooie vel word ligpienk as die dag sy lewe kry. Silhouette afgeëts teen die grou lig kry stadig vorm as die ligpienk verkleur na oranje-rooi. Die nuwe dag neem sy gestalte aan en vir sekondes loer die halfskreef son agterdogtig na […]
Tyd Se Tik- Tak
Tyd Se Tik Tak Oral in die huis maak horlosies hul tuis stil en geruisloos en vertrek tot vertrek loop jy en merk weerloos die tyd se verloop hier ‘n minuut voorloop en daar weer agter of vroeg sal nie help dat jy wroeg stel maar gereeld soos klokslag in dat almal weer gelyk begin […]
Sorgsaam oopgevou
Jy is my storieboek se lekker buite blad vandag skryf ek my eie sprokiesverhaal en jy is deel daarvan Ek sug van lekkerte oor alles van jou deur die gange van vandag se onthou Vind ek soms stiltes wanneer jou hand in myne verdwaal daardie diep-kyk in jou oӫ waarmee jy geheime uit my hart […]
ALGEMEEN NET EK
Sal ons weer eendag die son se oorgeblaasde goud weerspieëlings teen die mure van ons gedagtes kan afskil en vir ʼn vriend ‘n handdruk kommerloos kan gee Die gekamoefleerde spioene van ʼn vergete verlede smee doringkroon komplotte teen ons menswees en gee ons ʼn rede om stil te droog tot wit historiese gebeentes Roer die […]
Boemerangsiklus
Boemerangsiklus Trane van hartseer en verlange en trane van groot vreugde balanseer op ‘n mespunt om in krisistye, die ewewig versteur, af te stort want wat die hart van vol is loop die mond en ook die oë van oor en bring ‘n drukpot gemoedsverligting— Die emosies groei soos dreigende onweerswolke tot by versadiging om […]
Vrugtelose vlug
.Die brander het so stil soos ys gaan staan stil-stil vind ek weer my weg deur die klotsende water berg Waar die bosse blougange maak die koue en die wind stil raak vlug die donker uit die nag waar dit vir die son se goue vlug wag Maak realisme dat dit strak soos ‘n prent […]