geboorte van ‘n winterkind (SILWER)
geboorte van ʼn winterkind in wolkelose wintersaand begin my liggie skyn winterweemoed wuif weifelend huiwerend ragfyn sneeuvlokkies val sag en bibberend wyl son se strale skuifelvoet op horison verdwyn met gletservingers streel die swart ryp genadeloos en winterkoue klem aarde vas met kapok-arms al kreunende en kermende sing winterwind sy psalms koue laat voel […]
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
Domine Quo Vadis?
Deurdagte huppelstap om en oor beproewingsvoor met mirresalf vir skaafplekke ingrypend in my siel net soos U wil geskied eerstehands van U troon Quichekors vol genade uiter ‘n pelgrimslied in my siel op berge en in dale Verken dan my soeke as ek op U sal wag deurdrenk die dorsland van my hart in die […]
Die vlermuis. (SILWER)
Die vlermuis. Gevaarlik of skadeloos? Die feit is: vlermuise is ongewone soogdiere, trouens die enigste soogdiere wat kan vlieg. Vlermuise het ʼn uitsonderlik buitengewone voorkoms en dierkunde beskryf die vlermuis as verteenwoordiger van die orde: Chiroptera. Hulle val in die klas: skemerdiere. Sekere soorte kan glad nie goed sien in die donker nie. Vlermuise het […]
Saad van liefde (Silwer)
Strooi die saad wyd en luid smyt dit gulhartig oor almal uit vrolik in soorte uit omgeeboorde vir drooglê harte smagtend na liefdeswoorde saad sonder smet wat bou en red om diep te val in ontvanklike hartsbed strooi die saad wyd en luid sodat blomme weer gul daaruit kan voortspruit ©Driekie Grobler
Die lewe se mooi (Silwer 522 woorde)
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
Wees stil (Silwer)
Wees stil … nie omdat jy moet nie maar omdat jy wil want daarin lê die verskil. Wees stil … sodat jy kan luister na die roepstem van die natuur se liefdesfluister. Wees stil … sodat jy sielsvrede kan vind en onrus nie verder jou oë verblind. Wees stil vir jou eie beswil om vry […]
Silwer rand
Die ego van stiltes praat in alle taal, vertel van letselharte as eensaamheid neerdaal. Die koue van die winter, sny in sekelseer, klou soos gletser ys aan ‘n harstverweer. Die storms van die wind dwarrel deur onthou, breek storms los wat in heimwee omvou. maar Die donder van die weer wat bitsig blitse spoeg onthou […]
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde