Leonard se song (goud)
Jy het té lank eenkant gestaan terwyl die opkoms en afstyg van die stil spasies in jou lewendige oë vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is nie ‘n herhaling van gister nie nie die stemme in jou kop wat met gekamoefleurde klanke jou gehoor verwilder nie nie iets wat jou drome en […]
Die krag van reën. (Brons)
(Opgedra aan die slagoffers van Natal se oorstromings en die boere wat deur die droogte geraak is deur die afgelope jare) Stormagtig het sy haar donker kleed styf om haar toe gevou verwoestende trane om haar gestort haar fyn, groen voete diep verspoel stemme verrys smekend in ‘n hulpkreet oë proe bitter verwoesting gesaai want […]
Skakering in harlekyn Silwer Mei projek
roesbessie rooi ryp granaat die kleur van liefde, die kleur van haat rooi is die kleur van die kelkie wyn wat moet troos vir die traan die seer die pyn rooi is die roos in die langsteelglas stille bewys van wat eens was rooi is die son in die oosterlig warm sonstrale dans oor my […]
Ek vra gisteraand vir God (goud)
Bied my geen hulp maar lei tog my hand ek sien nie meer myself speel in die sand, die blindheid het my verswelg en ek … ek het ‘n karos geneem ‘n karos só groot só alleen, donker en grys iewers het daai wond nooit gesond geword en bloedrooi uitgegiet tot niks wat ek as […]
Sonhoop
En toe … toe, was die lug toe die hemelblou in haar oë sonverlore raak in die mis daaragter, haar wolksag wimpers herberg sy hartsverlore in digte mis maar onder haar wol(k)kombers vind sy dog sonderling, rus want, die (ge)mis word soos skemerduur voor sonstraalglim van korte uur toe son se soekarms haar bemin Elizabeth
Pase
‘n Paaseier het eenmaal in ‘n tuin agtergebly diep versteek tussen tak en blaar maande lank in wind en weer papier tot vaal verbleik oorgelaat aan die reëlmaat van son en maan smelt en stol Mense beweeg ook met reëlmaat tussen hawens totdat ‘n seuntjie skugter die groot nuwe tuin verken om daar diep tussen […]
Kwatryne in die kou’ – goue kategorie
Kwatryne in die kou’ Die lug was soos jou oë, blou maar die son se strale was al flou swaels het op die draad vergaar, toe’t ek besef hoe mis ek jou. In hierdie skemer, stil seisoen waar bome rus, soos bome doen wyl vrug in stil geheim’nis groei het ek my met my leed […]
Karoodans
Bliksems flits blou oor die barre Karoo waar stofwolke soos spookgedaantes dans. Bliksems wat weereens geen reën bring nie. Brenda kyk met weëmoed in haar oë toe Kobus soos ‘n pyl uit ‘n boog wegspring reguit begrafplaas toe. Sy bid sommer so met oop oë. “Pa, hoekom het jy hier in die droeë vlaktes kom […]
Vaderhoort ‘n moederloos
Vaderhoort ‘n Moederloos Elke groustaar elke noodkreet wat uit my mondjie vaar al my lewenswater verspil oorgespoel in ‘n wêreld wat heeltyd op my gil vir my gril my bly verkleineer reeds soveel kleiner gemaak deur al die seer ek was gevorm genadeloos bestorm gegespe aan die norm afgewring tot hael in die storm getref […]