Brose Bos
Brose Bos Met grafiese kuns lê steil heuwels voor my hygende verlange na hiëratiese plekke om berusting by te kry tussen die lewe se gerol en omval oor kruispaaie se woekermal tussen moet ek kan ek wie weet of ek sal ‘n geskarrel oor soveel mengelwoes en wonder of ek ooit moes genadig kelim die […]
Kom sing weer die woorde
Jy stap met spore in vasberade refrein reënbui jou uniekheid oor die spanseldoek jy koepel jou kleure sodat onweer verdwyn met taal omvou Hy ‘n dromer opsoek jy skryf slypswewend jou verbeelding in saffierblou ‘n pouveer vir elke poging van uithou en aanhou jy verlig ‘n stad met veelsinnige woorde stort elke melodie in […]
Outeniekwa-gedagtes
my oë draal oor die sluiers van die son rondom lê die uitspansel in riffelkarton ek is tydelik verlos uit die stad van beton my afsaalplek nou ‘n ou murasie uit ‘n lank vergete generasie nou verpurper die kim en trek bloed verskuild lê die Outeniekwa in die gloed teen kranse weerklink die kiewiet se […]
wagtende wieg (SILWER)
wagtende wieg o, die opwinding is so groot, die vreugde! met swangerskaptoets in geskenkverpakking het ek die nuus oorgedra met sterre in my oë ons ouers wat groot-oog in blydskap deel een grou grys oggend ontwaak ek met sombere gevoel … iets is nie heeltemal pluis nie en met klemmende kommer is ons na ons […]
Die tabernakel van ‘n vrou
Die Tabernakel van ‘n Vrou Soms wisselval my onthou dit stort ineen ek verlang hoe tyd soos boomkringe om my vou hoe die herinneringe op geestesvervoering steun trane stort harmonies val dit na die grond dralende gevalle ween op soek na die verlore een ironies menigvuldig my alleenheid geliefde, waar is jou teenwoordigheid ek smag […]
Akkolade van my siel
Akkolade van my siel (Brons) Plegtig omhels die wete my skryf sal jou siel bevry ‘n kopstem kritiek in dofpers waar aanskouers veeg en skerts hulle goël met jou oë kluister soos kenners jou vermoë keisteenhard knakbreuk ‘n twyfelsug jy wonder of jy ooit weer jou kop sal kan lig dan indeks jy die inhoud […]
Breek OOP die skanse (Silwer)
vasgevang deur inperkings wat tralie om my denke gebonde tot slegs gedeeltelike waarneming met ‘n diep verlange wat stipoog tuur om oop en vry te breek holklinkend die ewige geroep wat retories na antwoorde bly soek – kwaliteit deelname beperk deur ‘n tweestryd-lem wat ontbondenheid striem gebore om vry te leef en dink maar ingehok […]
ooptes in my siel (Silwer)
waar geen waters van onrus stormsterk emosies of weeïge troosteloosheid al geheers het nie waar vergenoegdheid soos mos tussen klowe blyk silhoeëtte lugspieëlings en eggo’s die weerkaatsings is van ongekend-sublieme rus en vrede dáár laat ek niks toe ook dwaal ék nie daarheen af maar behoed en bewaar dit getrou sodat ek wanneer nodig met […]
gemoed
– met eerste druppels wat saggies neersif uit front ja kouefronte bring ons reën wil my gemoed sag ween – nog ‘n lang man het verhuis gaan rus onder lang winter-bome wat ewe rustig in ligte wind ruis so mik en druk my gemoed – met elke deinende golf spoel daar los gewerkte plante uit […]
Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]