Lente
Toe ek daar kom, is sy weg. Die boom wat haar deur die winter veilig gehou het is gekraak en gebreek, maar tog bot heldergroen blare op die takke. Van die gekraakte boomstam lei lenteblomme wat in haar voetspore volg. Ek kry haar aan die einde van die blommepad waar sy lente in die woud […]
Bly
Ek sien hande wat my vashou In my seerste donkerblou Ek hoor iets soos passie Die ritme laat my dans Ek voel ‘n glimlag Dit laat my saamlag Ek skree my geheime Saggies in jou oor Jou lyftaal spreek veiligheid En ek glo elke woord Bly hier By my Vir altyd
Daar was ‘n mossie in Parys (vir Natalia ~ lente 2015)
die lenteson kruip weg, my kind die wind waai koud, ek weet die wolke lyk na reën, my kind maar laat ons nooit vergeet: die witste lelies kelk deur modder die hardste klip slyp tot diamant en die mooiste, mooiste sterre lê tussen ruwe rotse op die sand * mag jy woon in kamers vol […]
Kaalvoetkind in die suide van Afrika
Kaalvoet trap ek my spore in die stof van Suid-Afrika. Teen maanskyn en rose word daar soms hier blind gestaar. Ek ontdek die honger en siekte van ander in my dik sny brood, hoor die weerlose hulpkreet van ma en kind teen gruwelmoord. Kyk hoe lyk die helde en leierfigure waarna ons moet opsien; mense […]
Fyn ge(voel)ig
Die lyne in jou hart loop noukeurig en kom bymekaar daar waar die wesenlike kern van jou middelpunt oopgebars lê oop vir die wêreld ontbloot broos want die sagtheid wat in die kamers van jou hart skuil weerkaats in die swart van jou oë en jy glo om vir hulle te wys jy’s onbereikbaar ontoeganklik […]
Saphira die Spoorsnyer
Saphira hardloop saggies, maar vinnig, deur die fynbos hoog bo die see. Sy is oppad strand toe. Daar is nie baie plekke waar sand en see ontmoet nie. Meesal is dit maar kranse waarvan selfs ‘n Feëtjie Hond soos sy seer sal val see toe. Saphira stop skielik. Sy haal vlak asem. Sy is seker […]
Gister is ‘n ver land (ballade vir Mary-May)
Vér in die verre verlede op ‘n dag in 1910 het die mooiste kleine baba haar eerste lewenslig gesien en wyl sy wieg in moedersarms was haar pa so trots en bly hy sing vir haar ‘n lullaby en hul noem haar, Mary-May. In die herfs van 1930 stap Mary langs die strand en ontmoet […]
Verby die dal van stilte
Ek tuur oor die horison, kyk verby die lyn wat skei tussen wat ek weet en wat verby moet gly… Ek tuit my oor om beter te hoor en slegs hol eggo’s weerklink dit sak af en begin insink verby die dal waar stilte rus Dit spoel verder as die groene velde na waar weiding […]
My drie wense
lank gelede toe ek ‘n lampie optel het ek in gedagte begin vryf my hand maak sirkels terwyl ek drie wense hoog in die lug skryf nommer een was eenvoudig, mooi en sag ek wens dat jý -net vir my- jou lag sal lag nommer twee was baie diep ek kon dit nie keer maar […]
Oorwinningsgloed
soos ongesuurde brode het die oudag in jou oë gebreek terwyl jou mond sag oor die wonder van Pasga spreek – dan het die oewers van jou Eufraat wreed in twee geskeur tot waar die souttraan oor jou wange, die dors moes voed laat die bitter beker eens verbygaan; vergeef dan tog hierdie wanhoopstraan, en […]