Meer word minder
Mense skree vir meer geld meer werk meer huise en skole maar stap verby die kerk “waar dan sal ons hulp vandaan kom?” Mense dans in strate brand af gooi klippe plunder en verwoes ontlaai hul drifte. “ons hulp kom van die Here” Mense skel verkleineer beledig skoor en moor vergeet wie voorsien en wie […]
Ek wens ek kon skryf soos ek droom
daar was ‘n draak in my droom gisteraand na die dertiende uur toe die nag sy donker begin oprol hy het vuur oor my gespoeg ek het in angs roerloos in my bed gelê en gewens dat ek kon skryf soos ek droom vreesvol, sielloos, geesvoos en bebroke met ‘n malse honger wat waansinnig soek […]
Retoriese Ruimtes
Buite die sfeer van my binnedenke verstaan ek dat tyd relatief om alles hang soos ek en jy en ons bestaan en alles wat stelselmatig elke sekonde vergaan alom die kern van veranderende winde wat hulself eeuloos herhaal selfs saam met my wens dat ons dieper kon wees as net gedagtes, vel en been veral […]
Nagdenkers
hoekom die donker altyd die abrupte verdeling van tyd minderwaardig sal laat lyk weet mense soos ek ook nie vraagdun verhale speel daagliks af tussen mense, dinge, natuur emosies, die heel gebroke en die half geheeldes almal lewe asof tyd geen einde ken maar saans in die stilte van selfsoek wonder mens oor wonderlike werklikhede […]
Onoorwonne – Die dag toe apartheid gesterf het
Die winterson het fier oor die ou Transvaal geskyn in drie-en-sestig duisend harte het Shosholoza epies refrein Laag oorhoofs, dreunend in die lug oorverdowend deur die atmosfeer; ʼn makrostraler, voor stolpunt in vlug Om heldemoed te motiveer “Good Luck Bokke” op sy pens gegrif Ewe asemrowend, die klimaks daarna toe Madiba durf in springboktrui wense […]
verstilde eggo
êrens tussen gister en nou het die streel van die klankharp se eggo verflou die vermanings dof en stil geword met ‘n onmag om denke (vredevol) in woorde uit te stort die roep van ‘n pou se trillings verslap tot slegs ‘n beduidenis van vae onthou daar waar onreg paar het valsheid geknal die suiwer […]
Wit Trillium Dagbreek
spieëltjie wys vir my hoe sal iemand kan dink ek is mooi as sy woorde, “jy’s met kak agter ‘n sif gegooi,” my in die nagstilte brandmerk soos die sproete op my lyf vlek dit my gees maar my siel skreeu “breek vry, breek vry!” die waarheid weergalm en verbrokkel sy leuens en kom skilder […]
Skaduwees van gister
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rond jaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees maak nie saak die oorwinnings of deurbrake wat ons beleef nie. Dit is hierdie skaduwees wat […]