Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
Drieankerbaai (Opdrag 1)
nooit weer die galsmaak van bitter bessies nie geen leë eggo’s van soetseer liefde nie ek het gedink ek ken die pyn van vreesloos, kaalvoet oor dubbeldorings loop in die spieëlskerwe van jou iris kon ek ook my hart sien breek hoe absoluut alleen en finaal was elke tree toe jy vir oulaas die grootpad […]
Brief aan jou ( Opdrag 1)
in die donker droomskryf dae waar digtersink deur my are bloei d r u p p e n d tussen die lyne van my papiersiel daar waar ñ miljoen woorde dalk meer in die hemelruim verdwyn daar lê my liefde in die sterre geskryf en stuur ek op sonstraalgolwe net soos Breyten aan jou ñ […]
Die Paleis van God
Die leeu wat kom die leeu wat grom Die leeu wat brul die leeu wat brom Sidder en bewe bekruip en ontvoer Met vrees beetgepak Teen die wet met geweld gedwing Toegesluit en so gelos Die hel se klokke die eerste weë Aanhoudend gehamer in my ore Versaak en verraai verewig Vir die dood verlaat […]
Stofpad
stofpad na wie weet waar met spore diep getrap en onverklaar slingerend deur onbekende ruigtes se Niemandsland na uitgestrekte wydtes kinkeldraai in war gemoed wat afwagtend na antwoord soek roekelose spore trap wanneer stofpad-verleiding roep ©Driekie Grobler
Woordmaker (OPDRAG 1 – DIE DIGTER)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte, half voltooi woordklippies subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, steeds te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en safier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie besondere skeppingsvaardigheid om skoonheid, skaarsheid […]
Ritme van genade
Ek het nie ‘n titel voor of graad agter my naam nie, is nie gechip of geskouer deur vernaam nie, dalk nie die mees berese of gelese maar beslis opreg in my wese. Ek is nie ‘to high to come by’ of daarop uit om onmin en haat te saai, loop nie met my kop […]
reën op my duin
sopnat heerlike sagte reën bitterkoue oggend laat krimp alles krimp onder takke en gate fisante skreeu in stilte gerus wat kat is verdwyn krul op honde onder my voete buite reën dit sag dankbare hart sing vreugde psalm ©Teárlach
Tinkerbel
Uiteindelik het ek myself weer gevind met my arms gevou om my kind my siel verstaan dié heilige liefdesdou van soete woordjies wat aan my wese klou. Wyd het ek vervreemd verwaai, eentonig soos ‘n ou gesang in die donker het ek met dorre hande rondgetas, bleek-bang deur ‘n skim-naelstring het ek gehoor hoe haar […]