Gew-ete
My hart eet gif uit die bord van b-ete-r w-ete
Ek Onthou
Ek Onthou Hoe kan ek julle ooit vergeet wat my lewenspad gekruis het? Hoe kan ek julle ooit vergeet wat ‘n impak op my lewe gemaak het mense doodgewoon en lojaal tot bo gemiddeld en begaafd want vir almal was ek lief ongeag op eie meriete— Hoe kan ek julle ooit vergeet al die paaie […]
Diverse Liefdes
Diverse Liefdes Liefde is so ‘n wye begrip en is nie beperk tot die erotiese mens tot mens verhoudings nie— Al my voorkeure wissel in grade van liefde soos in kosse, plante, diere, familie, platoniese vriendskappe en sluit dus die breë spektrum van die lewe in met al die diverse afdelings en oral skuil my […]
Droomland Liefdesfantasie
Droomland Liefdesfantasie Snags wandel ek in my drome na ‘n geheime Kammaland waar my geliefde wag maar waar is my droomwandelinge wie gryp en steel dit van my weg nes ek wakker word en waar word dit versteek, want die ingang bly verborge en open slegs gedurende jou diep rustige slaap— Ek en my geliefde […]
Jy
Jy Met jou windverwaaide kuif en tergende dimpels-glimlag was jy veroweraar op die krieketveld Sowel as in die liefdes paradys. Vir my het jy gevang terwyl my hart nog aan ‘n ander moes behoort. En ek het jou gevolg met blinde verering in my oë. Misverstande het egter ons ontwakende liefde dood gesmoor en ons […]
Kom stagneer in my hart
In die skroeiende laatnag-uur trek eensaamheid in rou swartlamfer oor my kyk skyn die Hemelse sfeer sterreloos, leeg klink die naguil se roep klakkeloos en; my siel skree in wanhoopstaal ág – word jy deel van my biografie Kom snoei nou die wilde bouquinevilla dat dit weer in volheid maldadigpers kan blom kom deel my […]
Verdwaalde hart
Soos ‘n wilgertak se wieg in skemer’sak se rimpel-kring is dit jy wat vrede vir my bring Waar klein golfies teen die kante klots voel ek hoe die druppels warm spoel oor my sielsgelaat Jy steek jou hande uit na my verlore in die sirkel van liefde met jou eie seer vee my hart jou […]
n Naam en n volmaan
1974 is ek gebore in ʼn provinsiale hospitaal diep in die Karoo, waar Meiring poort jou uitspoeg in ʼn droë, nederige wêreld wat eindeloos voor jou uitstrek. My ma se dit was kwart voor een die oggend. Hoog somer. Google se dit was ʼn perfekte volmaan nag. Ek was amper naamloos gebore. My naam het […]
Sigeuner
Partykeer bly ʼn sigeuner reg onder jou neus. Niks soos in die movies of in die boeke. Sy het net geleer om in te skakeer by die kleur pallet van massas. Tog is haar kleure bietjie anders. Dieper, ryp en amper soekend. ʼn Sigeuner siel is kaalvoet,…altyd. ʼn Sigeuner hart is ritmies… altyd. ʼn Sigeuner […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 8
Kas wag omtrent n halfuur lank toe die konstabel Marie in sy kantoor inbring. Kas groet haar: “Dankie dat jy gekom het juffrou de Villiers.Sit gerus en kan ek jou iets aanbied om te drink”, vra hy. Marie skud haar kop en Kas wys die konstabel dat hy maar kan gaan. Toe die konstabel uit […]