Om soos die windpomp te wag
Onlangs het ek gelees dat die windpomp geensins uit sy eie probeer water pomp nie, maar vir die wind wag. So moet ons ook wag op die Heilige Gees om ons lewe te gee. Maar soms moet ons ook iets doen om aan die windpomp die kans te gee om vryelik in die wind te […]
besef
diep onder my duin lê daar rotse begrawe vorm van baai se bakmaat rotsbanke millenniums oud geskep en geskaaf deur eeue se skeppingstyd vas en tog tydelik wind en weer verskuif alles met tyd lê my norme waardesisteem ook vas, of lê dit op eeue se modder gevorm deur een leuen op ‘n ander tot […]
Aardse Engele
Aardse Engele (opgedra aan Ian en Annetjie Keys) Toe swaarkry en hartseer my lewe kom kruis, Was my pad vorentoe gevul met kleilat se grys. Het ek in my wanmoed met skaamte neergesak, Was my gemoed gal, bitter en swak. Kom aardse engele, getooi as mens, Kom vervul hul my hart se enigste wens, Om […]
Plaas vreugde
Swaar hang die reuk van vlaktes en stof, In my neusholtes ingepof. ‘n Anderse gevoel, as wat heers in stede, ‘n Smaak van genoegdheid, omring met vrede. Vroegoggend dou met ryp gestrooi oor gras, Wat met loop onder voete kragerig kras. Terwyl diep asemteue jou longe verfris, En dagbreek se son jou voorkop kus. Sal […]
Die filosofiese erfenis
‘n Blik op Suid-Afrikaanse geskiedenis. Teen die einde van die sewentiende eeu, het Franse Hugenote die Kaap beset. Hulle het ‘n ongelooflike erfenis van geloof, Christelike uithouvermoë en opoffering gehad. Hier het hulle skuiling gesoek, gevlug na Vryheid van die Koning en Koningin. Hul “trade” was wingerde en wynkunde. …..wete dat die sin van ons […]
Vir Marika
SILWER soms word ons pad met duwwels besaai maar jý het verkies om die blomme te maai soms staan ons weerloos teen die lewe se slae jý, daarenteen, sal dit glimlaggend verdra as branders jou teen die rotse wil slaan jou gees wil verdor soos ‘n brak pan se klei jy voel of jy breek […]
Mynwerker Pappa
Kan ek jou kom vertel van ‘n kosbare man? Wat elke dag moes werk vir sy lewe se plan. ‘n Man wat sy brood in sweet moes verdien, Wat die lewe op ‘n anderse manier kon sien. Geleerdheid was nie agter sy naam, Maar vir harde mynwerk was hy nooit skaam. Elke dag in donkerte […]
Die Liefde
Die Liefde Soos ‘n hert wat smag na stille waterstrome so smag die liefde in sterk lewensstrome na respek en aanvaarding vir sy vele opoffering Van kindsbeen wil hy ons betower met ‘n verlange wat ons harte verower terwyl sy selfsugtigheid kenmerk ‘n Hemelse waardigheid Kennis en rykdom gee mag maar die liefde maak sag […]
In ‘n Swartberg se skadu
In ’n Swartberg se skadu Soos ‘n muur van skeiding troon jy beskermend oor jou weiding waar ‘n karoo so groot en ontembaar ontmoet ‘n karoo so klein en vrugbaar In jou dieptes skuil vele bergstrome waar klowe bedek met spekbome beskermend dit wil bewaar vir nageslagte om te ervaar Nostalgiese oomblike van kers en […]
Kambro kind
Kambro kind In die verte van die Swartberg se poorte waar die kranse van plooie hul weg vind langs ‘n kronkelpad se geboorte word die denke van ‘n kind gegraveer op die wil van sy Heer In hierdie land waar die klapperbos my siel betower en helder vygies blom in karoosand wil ek jou met […]