korona, die pot en die ketel (SILWER)
korona, die pot en die ketel daar is ʼn mos nou ʼn nuwe normaal waar ons warm gemaskerd asemhaal wrede virus die ekonomie se swart haan kom vee menigte besighede van die baan die pot word deur ketel verwyt as hy smalend hoor hy het geen tuit skertsend kom die antwoord gou ja – maar […]
Stom
As die son opkom oor die hemel se koepeldak en skyn oor die gehuggie waar ek plak ruk my hart krampagtig saam dat ek voor sulke skoonheid mag staan.
Deur my lens
Deur my kamera se lens sien ek alles onbegrens natuur se skatte lê wyd oop my lens kan nou daar loop komies en snaaks loop ek raak waaroor ek my in die stilligheid kraak haarkapper wat hare sny met knipper paraat onder die teken van bekende salon in die straat kosbaarhede soos kinders en familie […]
Apokalipties(silwer)
Die kyk in jou oë was apokalipties waar die wêreld oopbreuk soos ‘n blom, ons verdrink in die son, die boodskap van jou lyf kripties- “dit wat ‘n einde bring” Maar dit het begin by die begin die apokaliptiese tyding vanuit jou oë, woorde wat soos skoenlappers- weg uit my mond, weg fladder om in […]
Seile voor die wind (Silwer)
So baie keer vra ons die Heer vir genoeg wind sodat ons ‘n bestemming kan vind. So baie keer wag ons lank met oë moeg gestaar na die kim se rand en dink wat ons kan vermag wanneer God die wind stuur, eendag. ‘n Dobberende skippie wat taan wiegend op die lewe se groot oseaan […]
Gedagtes oor jou (Silwer)
saggies kom kuier jy om die hoeke van my denke vee liggies die verborge gisters bymekaar soos weggesteekte geskenke sirkeldraai deur my onthou om lank vergete herinnerings weer oop te vou een vir een swiep hul op dwarrel en draai, heen en weer sak dan later saggies eenkant neer sommige gedagtes donker van pyn en […]
Wat kyk jy? (Brons)
in die swerfjaar van Ferguson ploegvoor vyf in die turfland was my ploegskaar verpand toe ek vasval op Morgenson my ratkas het gekrap van woede die aanklag die begin van saaidag geen poging om stuurstroop te versag al wat oorbly was roesroede verward verstard hardebaard het ek stikkend tog verkwikkend rooiwasig en lagwekkend oë gestreel […]
Spieëlbeeld
Wie is ek en waar kom ek vandaan Hulle sê die spieëlbeeld van my ma Tog is ek nie soos my ma Sy is op ‘n ander planeet se baan Sy is so skerp soos ‘n potlood en agtermekaar Daar is niks wat sy nie kan doen Sy laat spore van agter haar Sy kan […]