Jongste aktiwiteit:

Maanlig drome

Ek (en jy) en die sekelmaan
het mekaar altoos mis verstaan
ek wou ‘n droom vir jou baar
onder die maan se wiegende ligsnaar.

Iewers in my dol kop se galop
los jy toe enkel-reënspore
oor die hoogste sandbank
in my hart se woestyn.

Net soos die stukkie maan
in die diep swart hemelruim
spartel ek ook soms spoorloos
in ‘n ster gevulde wentelbaan.

My drome word mos gereeld los getuur
uit die vensters van my siel
met raaisels in jou stil staar.

Hier hang ons drome nou halflyf
aan jou hart se voetsole
oor die punt van my sekelmaan.

© Caren Kearley
Kopiereg word voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed