Lien se veilige hawe.
Lien se veilige hawe. Lien Meiring skud haar platinumgrys krulle agteroor en glimlag tevrede. Hier waar sy op die voorstoep van haar huisie in die woud sit, klink die woudgeluide soos ʼn vrolike koor op. Die sonneblomme dans op maat van die wind, hulle bars behoorlik uit die grond om die son se strale te […]
Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
HOE RY DIE BOERE 1
HOE RY DIE BOERE 1 Geskryf deur Fanus Strydom 2351 Woorde Pa het onophoudelik daarop aangedring dat ons voor sonop reeds by die die huis moet uit wees op ons lang tog plaas toe díe Desember. Sodat die skelms nie kan sien ons gaan op vakansie nie, want dan kom breek hulle in en steel […]
Gebyt
Die bloedbesmeerde man hardloop uitasem deur die donker stegie, maar steek vierkantig vas in sy spore. Voor hom kom die horde slakkepas nader. Hy swaai om en wil net weer begin hardloop, maar in die opening van die nou gang agter hom kom die een na die ander zombie te voorskyn. Met uitgestrekte arms en […]
Begrafnis konsternasie.
Begrafnis konsternasie. Linda ril liggies as sy om haar kyk. Sy HAAT begrafnisse! Wat nog te sê om een te moet reël. Die trane rol in sweefspoor paaie teen Linda se wange af as sy na die godverlate hartseersnikke luister in die gedempte lig van die voorhuis. Sy sit half eenkant in die skemerhoekie van […]
Visvang in die vlakwaters.
VISVANG IN DIE VLAKWATERS Geskryf deur Fanus Strydom 2763 woorde Die grondpad van die opstal af dam toe was vêr. Baie vêr. Maar gelukkig afdraende omtrent al die pad. Behalwe vir een vervelige, lang stuk waar dit eindeloos reguit en onophoudelik gelyk voor mens uitgestrek het. Tot by die plek wat gevoel het soos die […]
Die val van dokter Varkman
DIE VAL VAN D0KTER VARKMAN Opgedra aan ‘n dierbare vriendin Truda Rijkheer † 29 Oktober 2022 Geskryf deur Fanus Strydom 3752 woorde Bokant my kop, en digby die laaghangende plafon, proes en stotter die lugversorger moedeloos aan sy amper-onmoontlike taak. Te danke aan die soveelste, snikhete Kakamas-in-Desemberdag stoei die koelmaakmasjien moedig, maar vergeefs, met die […]
Sus se boomstem.
Sus se boomstem. Lank, lank gelede is daar ʼn blonde krulkopdogtertjie gebore. Haar naam was Marlé, maar gou-gou was sy bekend as Sus onder almal. Sus se ouers het haar mooi opgevoed en het haar vertel van al die dinge wat die wêreld vir haar kan bied. Met die lesse wat Sus so dikwels gehoor […]
Geboorte in Bethlehem
Brons (884 woorde) Op ‘n plaas so 50 km buite Bethlehem in Vrystaat word daar orals gewerfskaf vir die BethlehemFees wat oor die naweek plaasvind, net Maria moet dit eintlik so bietjie rustig vat. Sy het sover ‘n gesonde swangerskap gehad, maar met die dat haar tyd nou naby is, moet sy kort kort iemand […]
Onvoorwaardelik te laat
“Hoe kan ek liries raak oor iemand wat dit aan my gedoen het? Dis al klaar swaar genoeg dat ek moet gaan, nou moet ek nog maak asof ons na aanmekaar was. Asof die liefde nog daar was. Tog…sy was my ma. Sou dit anders gewees het as ek by haar was toe sy dood […]