Operasie Kaktus
Hannes van Wyk trek sy asem op as hy voor die groot plaashuis stop. Die donkerrooi mure en donkergrys dak maak ‘n indrukwekkende prentjie teen die groen grasbekte tuin rondom. Op die stoep staan verskeie ou ploegskare en ander plaasvoorwerpe. Alhoewel dit lyk of dit byna argeloos daar neergesit is, weet hy met ‘n absolute […]
Stemme
Was dit Carroll of Hubbard wat gesê het “‘n ware vriend weet alles van jou af, maar bly steeds lief vir jou”? Ek’s seker dit was Hubbard. Carroll was meeste van die tyd te hoog op boom om sulke insiggewende wyshede te skryf. Wie dit ook al was, was reg. Dít is wat Bessie vir […]
Die Ballade van ‘n ballerina
“Niemand mag weet” dink sy, van haar verhouding met die komponis. Die jongmans is vreeslik lasterig op die bus, elke jong russiese man beoog mos om met ‘n ballerina té trou. Maar die japies het mos geen sjarm op hulle. Dis net egotistiese aanmerkings wat vir haar vreeslik kras is. Sy kyk uit die venster […]
Omskietliefde
Ek toe ek jou net sien by tussenposes van vier vlae moes ons steeds maskers dra sou net diep in jou oë kyk want daar was ‘n stadige verbygaan van tyd maar ‘n rukwind het plotseling soos die pekelsondes van ons liefde verander van rigting. Silwer
Die tuiskoms.
Die tuiskoms. Met die sing van die Mini se bande in haar ore verkyk Mia haar na die vlaktes wat so verlate staan. Dit is net ʼn geroeste windpomp wat die geheim verklap dat hier ooit mense was. Met net hier en daar ʼn plant, lyk die landskap soos ʼn pure spookwoud in die flou […]
Trudie gaan ruimte toe
Mooi man! Hier is ek nou! Op die planeet van die liefde. Venus! Wat meer kon ek vra? Dis mos wat ek wou hê. Hoeveel aande in my lewe het ek sit en staar na die sterre, het ek saans gesit en wag dat Venus moet verskyn? Selfs as kind al het ek saans op […]
Oorlog vir onskuldiges (795 woorde)
Fiksie geïnspireer deur die politieke worsteling wat gelei het tot die gebeure by die SANW Wits hoofkwartiere, asook die Helderberg lugramp waarvan die oorsaak tot vandag toe nog ‘n raaisel is. * “War is peace. Freedom is slavery. Ignorance is strength.” George Orwell 30 Julie 1987 9:45 AM Sowat 100 meter van die […]
Kombi
in stad bloedvate vloei kombi strome rooi wit en tussen in nou gerandsteen werkers styf ingeblik skree oor en weer staar doodstil na selfoon op die saam ry rit skielik skree remskywe sitvlakke skuif reg koue stadslug spoel oor interne muf haastige donkerbril baas trap die koppelaar sit die besigheid weer in rat