Liefste Vallentyn
Liefste Vallentyn, Soos ballonne in die wind sal my soene jou mos vind” eggo die liedjie van Janita Claassen waarna ek luister. Dit het my dadelik weer hoop vir ons gedoemde verhouding gegee. Ek móés net dadelik skryf oor ek toe wonder van watter kleur balonne jy sal hou. Pers kan ek nie stuur nie […]
Die vrou by die hek.
Soms kan ek ons net ons lewe waardeer wanneer ons met realiteit gekonfronteer word. Engela moes dit leer deur Riekie se oë. 'n Storie van diepe dankbaarheid te midde van die swaar.
Arms gevou
Arms gevou Ek kyk af in die dorwe grondpad in die rigting van die skemer son. Arms gevou oor die plaas hek wag ek weer op jou. Die ou vlenter murasie waar ons eens ontmoet het, ek onthou, het nou meer heimwee as net `n ou klip gebou. Ek ruik nog jou sag blonde hare […]
DRAAIROOMYS
(BRONS) “Was dit nou so erg?” Amelia antwoord haar man nie. Sy gee hom eerder ’n kyk wat veronderstel is om ’n gat in sy kop te brand. “Ek dink dit het verbasend goed afgeloop,” sê Ben toe hulle die dorp uitry. Amelia vervies haar vir haar man se selfvoldaanheid en kyk anderpad. Die skemer […]
As die kiewiet roep
Ek dwaal in grotte van gys granet met druppende stalagmiet die eggo’s van ‘n waterval weerklink soos ‘n skoot wat knal ontstuimig lop my hart as ‘n vulkaan uitbars die reuk van swael laat my p my tande knars hoë berge laat my duiselig steier asof klokke in my longe beier dis net as die […]
Met die hand in die pampoen gevang.
Woordtelling: 349 woorde “Wat nou? Wat het jy aangevang?” “Wie sê ek het iets aangevang, Gert? Mmmm?” Otto neem plaas agter sy lessenaar, vou die dossier voor hom oop en laat sy oë vlugtig oor die inhoud gly. “Man, dit staan duidelik oor jou bakkies geskrywe, in groot hoofletters! So jy kan netsowel daarmee uitkom. […]
Die ware boodskap agter Kersfees
“Juffrou … Juffrou!” klein Petro steek opgewonde haar handjie in die lug. “Ja, Petro-lief?” teer raak Santie aan die blonde krulkoppie wat met soveel vertroulike opgewondenheid na haar opkyk. “Ons gaan Kersfees ‘n nuwe bababoetie kry!” kondig sy met kinderlike trots aan. “Hoe weet jy dit?” vra Petrus nuuskierig. “Gaan julle hom Jesus noem?” vra […]
Mensmin is baie
Ek het nie baie nie, het ek vandag weer besef, maar ek kan woorde vir jou omdop sodat jy saam met my op water kan loop dit in my eenvoud raam, terwyl my oë halflyf deur jou siel sink my vingers oor jou kortrib streel verby die sagkant van jou sixpack tot jy snak-snak-snak en […]
Vreemdeling met ‘n fiets
VREEMDELING MET ’N FIETS Daar is ’n losieshuis – Vryheid – net duskant Vaalvlakte, dolleeg behalwe vir ’n weduwee en haar dogter wat ’n eenvoudige lewe saam voer; waar niks meer saak maak nie, waar eensaamheid deel is van ’n bestaan in afsondering. Dat juis hiér ’n man met ’n fiets ’n einde sal bring […]