DIE VYAND
DIE VYAND Die Vyand sal my nie onder kry penregop gaan ek staande bly jou slinkse planne sal misluk geel monster wil my insluk verbrokkel en mislei verhoudings wat hier onder lei jy gaan verder niks regkry Here U staan langs my sy het jy berou anders gaan jy vou ek het goeie nuus vir […]
GROOTTE HEER
GROOTTE HEER U is my grootte Heer U vergewe al die eina’s en die seer die wonde wat binne-in my bruis bring volkome genesing op die kruis Jesus het uit die graf opgestaan en weer na die Hemel opgevaar so dankbaar vir U in my lewe U het al ons sondes vergewe vir liefde wat […]
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
Mindermens
sien die man met bakhand, bewe, hoof gebuig en oë neergeslaan mompelvra vir aalmoes met die wete menswees word gemeet aan meer as wat hy het die mindermens draai om, kruppel weg op voete bloedgeloop, geskoei in nuwe flenterskoen, gedagtelose uitskot van ‘n tronkpaleis wat hy nie eens in drome ken en my herinneringe vliet […]
Prikkelpyn
Kyk na my – ek is steeds ‘n vrou. Dalk kan jy nie onthou, dat daar ‘n tyd was toe my blasvel ook vou-en vlekloos was? Roetswart was my krullebos met ‘n koperglans in die son. In my olyfgroen oë het die lewe se storms dikwels gewoed. In die roos van my wang het ‘n […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
WOORDE Verbrokkeling van gesinstrukture
WOORDE Verbrokkeling van gesinstrukture Woorde brand soos vuur skiet soos vonke uit die vuur jou stem weergalm teen die muur my siel brand soos giftigge suur houe kom soos hammers neer word ek daagliks verrinneweer ek moet vinnig koets en keer elke slag weer en weer slaan jy my pimpel en pers skadu’s van beelde […]
Vraag 1.i. Beskryf pyn (x)
Bring dit onder woorde hierdie stomp byl deur my binneklip, ‘n kotskeel dowwe knop skreeuend sonder klanke. Tem dit met beeldspraak en omskrywing – eina is net babataal – sonder lig sonder hoop sonder . . . Uiteindelik is excruciating skrynend pynlik, eensaam soos die hel, maar ‘n swaard uit rots in die hand van […]
Vuurwarm hekke (Opdrag 8)
Ikonografiese song-satire Die lirieke van ‘n bestaande song (of lied, liedjie) vorm die basis van die ikonografiese song-satire. Die satiriese weergawe moet dieselfde tema weerspieël, maar mag nie die oorspronklike lirieke direk gebruik of aanhaal nie. Dit kan kommentaar lewer op die tema of die tema bevestig of selfs weerspreek. Dit is nie ‘n parodie […]
gedeë
uit diep grond kom dit bonkig en baie swaar gevorm eeue gelede moeder-aar se goud gemyn uit baie lande getemper in afrika gesmee in oorloë afrikanerstaal meer suiwer as afrika troon hierdie gedeë rots afgunstig beskou, verguis verkrag en vermoorde rif dog geen moord of krag kan hierdie rots smelt geen storm dit verwoes sy […]