Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Nostalgie"(Bladsy 79)

sê nou daar was ‘n pragtig’ tuin waar feëtjies en kabouters woon waar almal altyd gelukkig is en Koning Sprokie troon sê nou daar was blomme wat altyd in massas blom en skoenlappers in elke kleur wat sing terwyl hul nader kom sê nou daar was ‘n plek waar ek jou vir myself kon hou […]

Trekpad (Slot) Ek sien nog lugspieëlings waaruit bekendes wink en eendag sal ek daardie newels ingaan dink ek terwyl ek in Tyd se wagkamer sit gewis nie my afspraak met geliefdes te mis— Maar eendag sal ek waag en die dorslandverlange oorsteek, die rugsak los, en veerlig vreesloos gange van daardie ontwykende fata morgana instap […]

Trekpad (4) Ons spore by langvergete waterstane na daglange moë trek sielsvergane is deur tyd se warrelwinde toegewaai— Muise , hase, en ‘n snuffelende jakkals draai haastig in drome tussen grasstoppels rond daar is veespore in die grond maar sy verlate nagtelike gehuil en skaapvangrampe is verstil en uitgewis in jakkalsproefkampe— Die rus ontstig, verjaag […]

Trekpad (3) Waaksaam wees die veld lê oop voor daar is oral jakkalse hoor die koor! Die vure brand rondom die skaaptrop met wagters by, die vosse moet maar noustrop vort die skape herkou rustig, maaggerommel, honde spits ore onrustig— Onder velkaros langs die wa het ons rustig geslaap wyl ma en pa onrustig slaap […]

In die skroeiende laatnag-uur trek eensaamheid in rou swartlamfer oor my kyk skyn die Hemelse sfeer sterreloos, leeg klink die naguil se roep klakkeloos en; my siel skree in wanhoopstaal ág – word jy deel van my biografie Kom snoei nou die wilde bouquinevilla dat dit weer in volheid maldadigpers kan blom kom deel my […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed