Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Nostalgie"(Bladsy 80)

1974 is ek gebore in ʼn provinsiale hospitaal diep in die Karoo, waar Meiring poort jou uitspoeg in ʼn droë, nederige wêreld wat eindeloos voor jou uitstrek. My ma se dit was kwart voor een die oggend. Hoog somer. Google se dit was ʼn perfekte volmaan nag. Ek was amper naamloos gebore. My naam het […]

So kom bied jy ‘n najaarsblom in die troebel van die skugterson teder die oker van my herfsgedagtes wat jy in safraan-miedens bind In tederheid het jy die oes verhaal korrel-vir-korrel gemaai delikaat gewan, geweeg met harstnaar toegesak Pakskure vol gepak opbrengs wyd geseën met bakhandgenade bejeën onder kwashaal van sakkende son Kom bied jy […]

Drome Ek wonder wat doen jy vanaand: Dink jy dalk ook aan my, Of lê jy dalk al en slaap? En as jy dalk al slaap Ontmoet jy my iewers in ‘n droom, Of lê ek in die vergetelheid van jou gedagtes? Ons liefde is nou gister se droom; Nog brandend sterk in ons herinneringe […]

Ek betrag die kleure en klank oordink vervloë dae se oorvloed en dank. Ek aanskou berge en dale wat met eggo antwoord gee op my bewondering terwyl die uitspansel oor my pronk in amber, kobalt en monochroom wat uit gister vermeng tot ‘n reënboog wat vol hoop die hemelruim seën. Liewe land ek is bly […]

Hier sit ek… vinger verkluimd, verkreukeld verkrom en streel die sagte rekenaar knoppies – soekend na nostalgiese woorde, wyl liriese akkoorde blêr oor die koppies, dan – plotseling… voel my brein oud en dom. Gas warm bearbei die verwarmer die leemtes om my, wat sny- kou aan warm vlees… en probeer ys in stilte blom […]

Knus lê sy teen my been en spin haarself in ’n wêreld van katdrome. Die snorbaardjies spring-spring en haar voorpootjies ruk liggies. Haar majesteit is seker besig met ’n wandeling in ’n helder blommetuin waar vlinders en naaldekokers tartend ronddans. Ritmies beweeg die wolhaar lyfie soos sy die fyn asempie deur die nat neusie pers […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed