klipdrif altaar (opdrag 5)
bloedbelope oë wat hatig staar vuil weekoue stoppelbaard slymstreep wang na mond drankasem walmspoeg bacchus brousel in ‘n glas roggelbrul waansin oophandhoue val smekend vir genade moeg ongesertifiseerde lus terapie ten spyt huis paleis pandok nog sewentig maal sewe dikbeneuk dronkgesuip sjarrap sjarrap ek maak jou vrek potbloustilte moeg ©arin erasmus
swart voëls (Opdrag 4)
swart voëls in my wete wat wil ontsnap hul vlerke klap hul bekke skeur ek kan nie meer die swart voëls keer swart voëls in my wete wat wil ontsnap hoe laat ek die swart voëls vry as… (die een wat ek die liefste het) jy bitter seer gaan kry ©Evanthe 2018
Wysheid
Van waar kom menslike wysheid? Kom dit dalk van pyn en vrees? Miskien ontdek jy dit in grysheid… Of in die swaarkry van die gees? Verdiende lesse is bitter duur betaal. Verdiende respek dra die swaarste seer. Maar die waarheid bly maar bitter vaal… Jy is tog wat jy uiteindelik vereer. Die lewe is regreer […]
Weerkaatsings
Stil, verstom, staande voor ‘n gekraakte gesig. Die weerkaatsing dans en lag in die lig. Ek sien, maar is blind en die beeld verwyn. Net om weer in my nagmerries te verskyn. Roekeloos en rusteloos hierdie gedagtes van my. Waar ek die waarheid dag en nag probeer vermy. Dit wemel binne my. My vel is […]
Vrou met die rook jas (OPDRAG 4)
Vrou met die rook jas sy omvou my gedagtes gou en verander al wat positief is in as sy maak die dag, nag en sy lag–vir my–in haar mou haar woorde toor my in ‘n maer hond wat bene kou op haar boot neem sy my in ‘n donker tonnel van rou die laaste bietjie […]
Anna van die onderdorp (Opdrag 4)
Taalgebruik waarskuwing!! in die sweterige oksel van die onderdorp kruip Anna weg onder die seerkrybed met sy voosgepisde geelvuillaken trane en angssweet van ‘n weggooikind “dalk vergeet hy vanaand van my” bid sy – tot Iemand – in fluisterstem met sy oupavest en vingers soos ‘n worteltros in die sweterige oksel van die onderdorp ©arin […]
Wees waaksaam (OPDRAG 4) – SUGGESTIE
Die brandwag staan paraat, waarsku ieder en elk (oor dit wat saak maak) om selektief te luister – ‘wees wakker, wees waaksaam’. Luister na jou binnestem sodat jy betyds kan rem, nie deur paradokse propaganda mislei sal word – ‘wees wakker, wees waaksaam’. ©Driekie Grobler
Nagtoneel (opdrag 4)
het ek my dalk dit bloot verbeel – asof in ’n donker tafereel – die vrou wat om die hoek verskyn net voor sy in die nag verdwyn haar hand nog rooi en ongewas die hef wat in haar palm pas die lag wat oor haar lippe speel – asof in ’n donker tafereel © […]
Blomme en bloed – Opdrag 3
Opdrag 3 – Inspirasie uit ‘n boek Blomme en bloed blomme in die voortuin platgetrap uitgeskop met stewels alle respek die hond het geblaf, getjank nou stil met ‘n panga in sy kop plaasmense in ‘n bondel van vlegsels, vloeke en trane gebind met koue koperdrade verbrand met kokende water geslaan, geskop, gesteek en stukkend […]
Alleenspraak
Sy het haar voete voor die vlamme gevly en met vuil vuiste na binne gedraai: “Hallo siel, jy lyk moeg jou lig is dof en die laaste paar dae se kruise bloei nog oor jou bult, maar mag ek jou vra waar is my kind hierdie halfgemaakte winter is lewenslank en as jy weet waar […]