sluiper
slaperige ogies sit hy daar tussen kleuters lyk hy vaal kyk vir hom sak kop klaar skaam gebarsde hakke kaal speeltyd kies hy koers alleen sluk droë broodjie met water broekies pas styf om sy been seuntjie ontwikkel eers later nood het hom geleer bestaan kinder wreedheid hom geskool drang om te wees het ontstaan […]
Wie ken ñ moederhart?
Van moederskoot tot groot hardloop jy van ouds met jou moeder se hart oop vir die wêreld om te sien van kleins af het liefde jou omring het sy haar gunstelling liedjies aan jou voor slaaptyd gesing sy het haar alles vir jou gegee selfs al was sy moeg en jy soek na meer sy […]
Blomme man
vergeet my nie en laat my nooit staan alleen tussen winde wat onbekeerbaar nie wil bedaar jou stem is waarna ek sal soek die geluid van bruisende fonteine beweeg tog nader! en bly nie versteend ek is hier om jou lewense ongelykheid weer volmaak te bring jou hande so strelend sag met oe wat soms […]
Nou weet ek, Ma
Sterstatus: goud Jy knoop my vas, jy bind my los met naelstringwoorde soos suikerbos en kandelaar, Komaggas en Soekmekaar. Jy kweek in my ‘n liefde vir ons taal. Jy hou my teë, jy laat my gaan, jy bly my by. En ek verstaan – die band wat ons gebonde hou strik sag, maar tog ook […]
Openbaring dertien
“Die vrou by die ander winkel kan nie fotostate maak nie. Kyk hoe skeef is die lyne waarop ek moet uitsny. Die ou kaartjies lyk soos n hond se …… Nee wag, laat ek liewer stilbly.” Sy knip verder en skud haar kop met afkeur. Haar gedagtes maak draaie by vanoggend se stiltetyd leesstuk. Dit […]
Rubáiyát 3
in oseaan se diep brandervou geskulp in Sy liefdesoester toegevou met deiningsbrul Sy liefdespêrels om jou hang as kristal helder eg druppel dou wanneer lewensand hard skaaf teen jou wang laat Vader teer jou trane opvang as jou waarde verdrink in golwe berou sal Hy dit met pêrels kom vervang © Jessica Venter 21/5/2018
Seeman
hy staan teenstrydig en gewaar laat die emosie hom nie laat gaan gee vir haar alles wat die aarde omsingel trap spore vanaf die Weste gevoelens laat omwentel met diepe gebare raak hy hart se snare hoop ook vir n lieflike gebeurtenis sy eie tydsberekening loop met skattige woorde rond strelend laat dit jou omvou […]
rus
miswolkies hang laag oor duine snerpende koue winterwind loei stilte alom duin sak saggies neer op my duin plek van oordenking stilte weergalm oor nat seevlakte stadig draai wind sy rigting suid nou hoor ek ruwe golwe se geluid wat ruisend egos pos oor stil veld nag tuimel duiselingswekkend neer geen sterre kan gesig wys […]
Vanaand het stilte om my kom vou
Vanaand het stilte om my kom vou die ewige ruimte wat uitstrek tot anderkant waar geen einder lê, konsertina ineen om my te beskut- om my te beskerm teen die seer- teen die onvaste tolbosswaai wat my voete lendelam laat trap; my voete wat gister nog flink kon stap. Vanaand het die horison geskeef onder […]