Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare
asof iemand steel oor ‘n harp se snare en
klank my holtes met die walms van jou adem
want onder dié sluwe seisoen se sang
babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar
jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld —
eenkant in my koue winter
onder die Blinkblaar-wag-‘n-bietjie se blom
kyk ek op na die Godsbesluit en stop.
Met my hande in my hare
verkyk ek my aan die rose-dorings
binne die lowergroen van sy blare.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.