Motiverende skrywe aan skrywers vir die nuwe jaar.
Daar is iets aan skryf wat die gedagtes losmaak en die tonge laat wapper. Skryf gee ons die vryheid om dit te sê wat ons soms bang is om te uiter. Dit help ons om ons gedagtes te orden en om nuwe perspektief te kry. Hetsy in ons lewe of tydens ‘n krisis. Ek dink […]
Die Maskerbal
M – met malse musiek word ons meegesleur ‘n A – avontuur met volle oorgawe verlei jou oë deur die masker S – stormagtig impetuoso vereis jou lyftaal terwyl K – kastanjette my vrywillig na oorgawe dwing E – ek en jy prikkelend in R – rou ekstase wat die liefdesvlam B – baldadig in […]
Ant Tandjies se Koek
As jy sou gaan ry na die voetenent van die Weskus, en jy maak jou draai in die hart van die Swartland, sal jy ʼn dorp genaamd Riebeek-Kasteel teëkom. Nou, die plek is alombekend as die troue-dorp van die Weskaap, en mense kom van heinde en verre om hier die ring aan die vinger […]
As die gordyn sak
In die voorportaal het ek gestop vertoef by geraamde gelukkige oomblikke ‘n groteske tafereel van skyn dis nou of nooit, besef ek want omdraai sou beteken nog ‘n kleedrepetisie in ‘n nimmereindigende treurspel van stukkende lewens toe ek die deur agter my toetrek het ek jou, my hart, en ‘n leeftyd agtergelaat en terwyl ek […]
Blommeprag
madeliefie sagte ronde lyfie lag oopbek goudgeel hoe son sy warm soene met haar deel soutbossie bemin in silwer maanlig strale op sand rand waar branders babbelend breek op strand noem noem deel vrylik smaaklike vrugte verleiding soos heelal met lofprysing soetheid besing pronkertjies sagte skoulike spatsels kleure verkondig die Heer se genade en vrede […]
Soos die Val van die Dobbelsteen
Wanneer sy haar mediese tas vat en begin stap in die rigting van die uitgang, voel sy die rugby bal haar liggies teen die kuit tref. Sy draai terug, sien hoe die hele span in afwagting wag vir haar reaksie, skielik is sy lus om hulle terug te kry, en sy weet, sy kan. Sy […]
Die nuwe intrekker
Karin kyk ongemaklik rond. Haar hande is in mekaar geklem. Sy skuif effens rond op haar stoel terwyl Matrone die nuwe intrekker bekendstel. “Dames en here, ontmoet vir mevrou Annelie Basson, ons nuwe intrekker. Sy is ’n vrou van vele talente en wil graag aktief betrokke wees hier in ons aftree-oord. Betrek haar gerus en […]
Spore van onthou
Spore van onthou Daleen draai die kar se venster wyd oop toe sy oor die bekende brug ry. Vir ʼn oomblik oorweeg sy dit om by die klein parkeerarea in te draai en soos die oorsese toeriste te vinkhang oor die reling. Daar is nog baie tyd vir dit, herinner sy haarself. Regs by die […]
SÊ DIT WEER
SÊ DIT WEER Hy maak sy oë toe, weet nie eers ingroei toonnaels kan soveel pyn veroorsaak nie, ‘Die vervlakste Amerikaners met hulle tien gemiddelde skoen grootte,” en hy kyk na sy nommer twaalfs, sien die blase aan sy voete, en is seker hy het nog nooit soveel pyn gevoel nie. Hy probeer sy gedagtes […]
Hoe diep die vreugde
Hoe Diep die Vreugde Die skok tref hom soos ʼn vuishou op die hart, ‘Rastor Battle, ʼn baie jong Rastor Battle’, flits dit deur hom, maar dit kan nie wees nie, dit weet hy. Hy sien dit asof in stadige aksie, die oopswaai van die luukse motordeur, die pragtige hakskoene met die perfekte enkels en […]