Emparikus
Sy het jou hoogtes gesien van naby
gewoede weerlig hoor blits uit die hel
donder gehoor in jou stiltes
sy ken jou
sy hoor jou ook
miskien volg sy die verskuilde
toekomsspore in jou oë;
daggestaltes van die geel
skynsels in jou son.
Soms glip sy terug in die gleufies
van jou spinnekopweb oor haar muur,
deins weg van die dun inkeepings
in jou deursigtige oomblike.
Maar sy loop aan
pynlik en pleitend padlangs
elke nag en deur die volgende dag
todat die eb van haar gety verskuif.
© Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Weemoedig maar pragtig gepen. Ek hou baie van jou laaste vers. Hou aan met loop, maar kyk tog eendag terug - net om te sien hoe vér jy al gekom het. 😉