Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind.
In grys, op heuwel, deur newels verberg
goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg
heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane
uit ‘n liggaam verskeur gedane
vasgespyker aan groet en bloed
hang Wonderbaar’smoed
In klip en gruis – vergruis
aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys
swyg stig stik ruk sig traan-oë
wat hoër-op, hemelwaarts glo
uit elk oop wond van kop tot toon gestoor
tap genade in dor grond in die Wind se gehoor
” ELI ELI LAMA SABAGTÁNI ! ”
my God, kan adams dan nie verstaan nie?
” Ek is die Weg. Die Waarheid. Die Lewe ”
bewe adam aards… bewe vir ‘n doelgerigte strewe
besin! die saad moet eers sterf
om weer te kom om die Ryk beloftes te erf.
©️ DollaLerm
23/03/2022
4 Kommentare
-

Elizabeth
Ongelooflik mooi liewe Dolla.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek