My Eiland
Diep binne my
lê ‘n klein eiland van klei
hier stof tyd my altoos af
hou ek my soms so bietjie laf
glip oor die rand van jou swaar vrag.
Diep binne my
versoen ek myself
met die ware jy
dans ons in ‘n draaikolk vol drome
loop ons ook saam deur storm sterk strome.
Diep binne my, vind ek net deeltjies van myself.
© 2016 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.