Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong
terwyl klankbane kolkend
om my vibreer
(in stiltes se stank)
ademloos smag my wankende woorde
na
klank
smekend kruip gedagtes
orals binne my rond.
Hier buite my hart is alles aan die brand
(smeulend-smorend tot die heel laaste uur)
tussen my yl-vlammende vuur
en elke dag se bitterbessie dagbreek
waak ek voor die walms van stiltes
in my
om my
deur my
want wat ek hoor wanneer ek dieper
staar, tas en dink
laat my eerder stom as doof.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou
*Wankende – Wakend en Wagtend
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Wow Caren!! Goeie werk - hierdie is baie sterk geskryf. Ek hou baie hiervan.